Die Plaashuis

Die Plaashuis om te dans, of ons venue te huur Vir enige funksie bring jou eie dop, ons is ernstig BRING. JOU. EIE. DOP. Jy mag maar rerig ons is rustig soos dit.

Die Plaashuis is 'n kuierplek waar jy gaan as jy LUS is om te dans, lang-arm ,kort-arm , stywe-arm, slap-arm nes jy smaak hoe om te dans hier is jy welkom. Ingangsfooie verskil van funksie tot funksie

09/10/2017

Die Plaashuis venue is beskikbaar om te huur vir funksies ,troues en partytjies,inboks vir meer inligting.
Veilige parkering binne perseel ,kan maksimum 120 persone hanteer.Rustige plaas atmosfeer in Brakpan.

07/04/2017

Hey Jy! Kom kuier bietjie more saam ons!

Ons het vuur bring jy die vleis, en sommer ook jou dop. Rugby is op ons grootskerm en beer pong is ook aan die gang sien julle more plaasjapies

05/04/2017

Aandag alle plaasjapies. Bring jou cooler en bring jou bier want ons saai die rugby uit! Ons sal van 3uur af oop wees die saterdag

Maar my maat, NA die rugby gaan ons dans!!

Bring ook jou beste beer pong buddy, en probeer ons plaaslike kampioene aanvat!

Die enigste kuierplek waar jy jou EIE drank kan saamvat!

Goeie more Plaasjapies.Dis alweer sulke tyd die naweek laat ons bietjie opskop, braai, kuier, rugby kyk en lawaai.Ons ho...
04/04/2017

Goeie more Plaasjapies.

Dis alweer sulke tyd die naweek laat ons bietjie opskop, braai, kuier, rugby kyk en lawaai.

Ons hou ook bietjie Beer pong toernooi met pryse te wen so kry jou beer pong buddy en kom try maar die plaashuis kampioene aanvat!

Onthou dit is R50 ingang per persoon en R20 vir die kinders onder 12. Ons het Mix en ys en ander verversings te koop by ons Ossewa. Ons sal vure verskaf vir die plaasjapies wat wil braai. Julle voorsien net jul eie eetgerei en vleis ens.

Die rugby sal op ons Grootskerm uitgesaai word vanaf 3uur, en dan skoffel en dans ons na die wedstryde.

Die enigste kuierplek waar jy jou eie DRANK kan inbring, sien jou die Saterdag, 8ste April 15:00

Goeie middag Plaasjapies.Onthou ons Groot Opening die 25e Maart, as jy nie mooi kan onthou nie hier is bietjie inspirasi...
06/03/2017

Goeie middag Plaasjapies.

Onthou ons Groot Opening die 25e Maart, as jy nie mooi kan onthou nie hier is bietjie inspirasie vir 80's klere.

Sien dan daar oraait!

Goeie dag plaasjapiesOns wil dankie se aan almal wat aan ons toetslopie deelgeneem het, en ons hoop om julle weer te sie...
01/03/2017

Goeie dag plaasjapies

Ons wil dankie se aan almal wat aan ons toetslopie deelgeneem het, en ons hoop om julle weer te sien, by ons amptelike opening.

Die plaashuis wil ook geluk se aan Lize Marie wat haar 18e verjaarsdag hier by ons gevier het. Veels geluk en hoop daar is vele meer.

Hou ons dop vir ons aankondiging van ons grand opening.
Like en share asseblief ons page rondom familie en vriende.
Plaashuis groete

17/02/2017

Goeie middag almal.

Onthou ons is more oop vir 'n vinnige toets/dansloopie van 6-laat.

So bring jou dop en kom skud jou biskit hier op ons dansvloer waar die meel val. Almal is welkom.

Toegang is gratis. Sien julle more.

Ons is opgewonde om aan te kondig dat die Plaashuis is beskikbaar om te huur vir funksies soos, enige soort partytjies, ...
08/02/2017

Ons is opgewonde om aan te kondig dat die Plaashuis is beskikbaar om te huur vir funksies soos, enige soort partytjies, troues, konferensies, reunies ens.

Huur van venue sluit tafels,stoele,braaipit(bring eie hout) en yskas in.
Ons kan ook voorsiening maak vir decor en spyseniering.

Vir meer inligting en enige navrae inboks asseblief.

06/02/2017

Wil jy die lewe van 'n Plaasjapie betree? Wel hier is jou kans,jy is persoonlik uitgenooi na die GROOT opening van die enigste PLAASHUIS in Brakpan op 18 Februarie 2017 vanaf 18h00 - 24h00.
As jy hier kom,kom jy om te skoffel en nog te skoffel en weer te skoffel.
Juan-Pierre Moller, Rina Slabbert, Cindi Lewis, Cindy Deysel Smith, Riaan Slabbert, Jordynn Fouche, Jago Fouche, Marius Bahlmann, Linda Fouche, Tiaan Vorster, Rita Jacobs Genis, Lilene Du Plessis Grobbelaar, Kenny En Leoni Badenhorst, Sandy En Ansie Bezuidenhout, Logan En Renier Slabbert, Lappies Labuschagne, Jacque van der Merwe, Armand Morgenrood, Juan Vorster, Paul Bester, Michiel Horn, Marina Stassen, Vanessa Kotze, Zane Lewis, André van Jaarsveld, Andrè Ertjies Van Aswegen, Hennie Theron, Corne Van Staden, Johan Pistorius, Sonja Lewis, Micheal Bekker, Grant Everett, Amanda Lepping, Danie Redelinghuys, Dimitri Tsiakos, Ivan Gray, Jonty Fouche, Carina De Vos Brink, Nico Amiras, Pieter Slabbert, Gesina van der Schyff, Santi van Heerden, Loriska Bubb, Petra Victor Kotze, Avril Krause

Bring jou eie drank en kom kuier saam ,onthou om jou dans skoene aan te trek.Moet nie skaam wees om jou danspartner saam te bring nie.

Laat weet ASAP ,gratis toegang, vir opening, toegang beperk.
ONTHOU BRING JOU EIE DRANK!!!
Veilige parkering met toegang beheer.

Hoop om jou daar te sien!

05/02/2017

Goeie dag mede Plaasgangers!
Welkom by die enigste Plaashuis in Brakpan, as jy hou van dans of lus is om te dans dan is jy by die regte plek.

Hou die 18e Feb 2017 oop vir ons groot opening.

Met danspassies so vars soos tante Betty se pannekoeke pas gebak, kom skud jou biskit op ons reuse dansvloer. Waar meel gestrooi word sal daar moet geskoffel word.

Hou dop vir meer inligting rakende hierdie wille Plaashuis van Brakpan.

Kom kyk wat gebeur as die Haan Kraai!

Address

Brakpan
1541

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Plaashuis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share